Another Game, Another Loss

After about the 10th minute there was some hope, a little bit of expectation and best of all – sustained good play and pressure by the Lions. However after about the 17th minute I was about ready to stop watching.

What can be said? Yes the Lions played well, yes their lineouts were excellent, mistakes were still evident but there was certainly improvement. Even after adding all of that together they still conceded 4 tries, did not pick up any bonus points and were in truth comprehensively outplayed.

The contrast between the 2 teams was stark where the Reds were able score long range tries, splitting the Lions lines from deep within the home team’s half, from set pieces and from broken play the Reds just found holes and ran into them with pace, supported well with pace and finished with style and precision. The Lions on the other side of the spectrum bashed away and plodded along from ruck after ruck and scrambled phase after phase making little ground and not appearing to be overly threatening in their approach.

The Lions struggled to protect the ball adequately at the breakdowns and suffered a number of ill – timed turnovers as a result and if the ball was recycled it was slow and predictable.

The Lions really did have the Reds on the ropes during the early stages of the match, but crumbled so quickly after conceding their point advantage and never really challenged the hosts afterwards again. Much was said by the commentators about the Lion’s character and feistiness, but I believe that we were witnessing a broken and dispirited side simply going through the motions and obediently playing out the inevitable conclusion that they have become so accustomed to.

There must be merit mentioned for the Reds. They were scintillating when they needed to be, particularly with Will Genia who outclassed and outpaced anyone from the Lions. His running game as well as his kicking game was superb but he was well supported by a host of eager backline players who fed off his cunning and wryly exploitations.

The match marked the highly publicized return of Quade Cooper, who did make a strong impact during his 40 minutes of play and I’m sure that the medical team must be extremely relieved to have him back safe at half time with a little game time under his belt ahead of their very important clash against the Brumbies next week.

It is unclear what will be on John Mitchell’s drawing board for next week – set pieces, handling, none of these really make an impact and were probably just used as excuses for poor performances in the past. The game plan itself is not working, even when we are controlling multiple phases of play and dominating possession we are simply not being able to convert this into points.

One thing that was disturbing for me was that the Lions do not seem to be looking for gaps and instead prefer to look for the contact. This would be okay if we were able to protect the ball properly and recycle it quickly, but instead we make contacts seemingly for no other reason but to make contact. There is no evidence of a plan or semblance of a purpose by repeating this as often as the Lions do. There is certainly no noteworthy outcome either.

Perhaps something that can be considered is his teamsheet as the reserves did manage to create an impact when they were on and the team did come across as having a bit more forward – going momentum. Their influence may have been somewhat exacerbated by the Reds already shifting down a gear or 2 for they were already in cruise mode after securing their 4th bonus point try shortly after half time.

I’m not sure what we can look forward to next week – maybe some nice tries by some of our backline players for a change.

114 comments to Another Game, Another Loss

  • Insomniac2011

    Dis hartseer dat politiek so diep in ons sport ingekruip het…was dit op meriete…sou ons obviously nog SR moet speel, want die Kings is nog nie daar nie. As hulle, hulle act bymekaar kry en kompeterend kan wees en die currie cup wen of net even hoer as ons eindig, dan is dit fair. Maar huidiglik is ons die local Champs!! Punt! Klaar! Dit maak my naar om te sien hoe word die Leeus gebreuk en verniel. Waar is Francois Pienaar, Kobus Wiese, Hennie le Roux, Ashwin Willemse, Pieter Hendriks?? HOEKOM IS HUL SO STIL? Hulle vang shine op tv en is bekend…my donder even Owen Nkumane…almal LIONS wat toekyk hoe die unie verkrummel.

  • Insomniac2011

    As die unie geval het…en die stof het gaan le….sal ek like iemand moet bietjie investigate wat de donder het die Lions getref in die jaar 2000!! Ons kan n A4 papier voor en agter vol skryf van al die sterre wat deur ons unie was van daardie tyd af en niks kon doen met hulle nie…WERELD GEHALTE SPELERS….It all comes down to management seker maar.

  • mufasa62

    Insomniac, ek stem saam oor die wanbestuur van die vorige managenment, ek hoop nie ek trap op iemand se tone maar ek se dis Manie Reyneke en sy cronies wat alles opgefok het en hulle het so deeglike job daarvan gedoen dat Kevin en die huidige bestuur nou hulle hande sal moet afbaklei om alles weer te herstel.

    Ek stem saam met Kat Kevin en robert moet nou net die groter prentjie raaksien en met SARU gaan onderhandel. As Kevin en die Cheetahs se grootbase die ander Unies agter hulle kan kry vir steun en SARU in ‘n blik druk oor die korrekte toediening van die Fondse soos Kat dit uiteengesit het dan kan die res van die obsticles soos wie die Coaches gaan wees en wie gekies moet word maklik uitgesorteer word daarvan is ek seker. As ek Kevin was sou ek vir Harold verster net na die cheetha game gebel het en met hom gepraat het oor ‘n merger sodat hierdie manne more met ‘n plan SARU se voete onder hulle gaan uitslaan.

  • Kat

    mufasa62, ek hoop regtig Kevin gaan vandag na daardie vergadering-toe met voorstelle en nie net die eis wat tot nou uitgespreek is nie. Daar gaan beslis in 2012 geen promorelegasie wedstryde wees nie en ek twyfel sterk of die Kings net 1 jaar gegee sal word … so geen promorelegasie in 2013.

  • Rooibont

    Nee IMO sal die Cats,Wildcats of wat se Katte ook al nie werk nie want dit het laaskeer nie gewerk nie en sal nou ook nie werk nie ! Die logistieke probleem is ook nie die grootste probleem nie. Die twee spanne het hul eie identiteite en gaan nie maklik in ‘n Kat eenheid
    gesnoer word nie. Spelers gaan ook nie gelukkig wees om onder die ander se afrigters te speel nie en julle weet wat se hulle van te veel Chiefs en te min Indians. Ek weet julle gaan ook nie hou van wat ek nou gaan se nie . Na die CC stel almal van hulle kontrakte vry en teken die wat wil bly want daar gaan in elk ‘n klomp waai. Kry vir Master Builder Loffie Eloff om in die volgende 2 jaar wat ons uit sit
    ‘n sterk CC span bymekaar te sit en as ons weer in die Superreeks toegelaat word koop dan maar ‘n paar top ouens ! Wat my motiveer tot so ‘n stap is die 18% wen ratio en dit sal baie makliker om nie na die permanente verloor en getjommel elke naweek te kyk nie !

  • Kat

    Nou ook vir Mail & Guardian geskryf oor die snaakse politiek wat agter die skerms aan die gang is. ANC HQ = Johannesburg. Hoekom sal die ANC die Oos-Kaap steun ten koste van waar hulle hart lê?

  • Kat

    Rooibont, wat in die verlede misluk het hoef nie weer te misluk nie. Lesse is geleer. Al die partye weet wat die redes was en sal tog sekerlik nou die ding op ‘n ander fondasie kan bou, of hoe?

    Die identiteit probleem kan oorkom word met ‘n nuwe identiteitsraamwerk. As jy in 1980 vir iemand sou gesê het die Transvaal provinsie gaan opgebreuk word en dat Gauteng op sy eie gaan staan sou die hoorder jou uitgelag het en gesê het “Dit sal nooit werk nie”. Nou is dit ‘n realiteit want dis een gemaak deur mense te forseer om daarmee saam te leef. Oor tyd het almal daaraan gewoond geraak.

    As ons anders dink oor die area ter sprake kan nuwe idetiteite raakgesien word. Soos ek reeds genoem het is mynbou een. Ja, Bloem het nie so iets nie, maar al die res het ‘n baie sterk mynbou identiteit. Daar is seer sekerlik ander goed ook.

    Ek weet ook nie of dit veel water hou om te sê die mense wat rugby ondersteun in Johannesburg se kultuur verskil so baie van diegene wat rugby ondersteun in Bloem nie. Rugby ondersteuners orals in SA ‘is just about the same’ veral die Afrikaanse en Engelse ondersteuners. Dis in my opinie ‘n wolhaarstorie. Ek werk al my lewe orals saam met ouens wat van orals af kom en daar is wraggies niks verskil nie. Ek is oortuig Johannesburg, Bloemfontein en Kimberley rugby ondersteuners dink presies dieselfde oor rugby en begeer dieselfde resultate.

    Die geld aspek is imo die grootte, en dit kán opgelos word. SARU skuld ons. Die afstand probleem is die een wat altyd sal krap, maar is dit werklikwaar so onoorkombaar? Rugby is nou ‘n professionele sport. Ons moet juis die amateur denke/gewoontes uit ouens kry. Ek volg Amerikaanse sport (MLB en NFL) wat behoorlik professioneel bestuur word, en daar word spelers links en regs uitgeruil en verkoop op baie kort kennisgewing. Spanne skuif sommer van een kant van die land (en dis ‘n moerse groot land) na die ander kant … en dan moet die spelers en hul gesinne maar net pak en trek. Hoog tyd dat ons outjies sulke realiteite begin aanvaar of ons gaan vir altyd met een voet in amateur rugby staan en met die ander in pro rugby (die groot probleem in SA rugby imo). Die nuwe franchise moet wees waar dit die beste sal werk. Punt.

  • Kat

    Grense is goed wat mense op papier (en deesdae rekenaars) trek. Die ou wat noord van die Vaalrivier bly is niks anders as die ou wat Suid van hom bly nie. Nie in daai deel van die wêreld nie. Ek het self ook daar groot geword. Vat nou boonop hoeveel van daai Grey College seuns wat by Vrystaat opeindig kom van elders af … baie. Hollenbach is een voorbeeld … Johannesburg seun wat op Grey was.

  • Kat

    Mense moet net hulle tjôl los en saamwerk. Dis hierdie eie-ek politiek wat alles opneuk, nie die 350km tussen Joburg en Bloem nie.

  • mufasa62

    ‎”It is not the problems we face that define us!! It is how we choose to handle and solve them!!”

    Daar is ‘n oplossing vir elke probleem in hierdie ou lewe selfs al lyk dinge hoe swart. Die leeus sal weer opstaan en weer ‘n krag word!! Ons ondersteuners is miskien op hierdie staduim net so voos soos ons span maar ons moet net bly glo en vertrou daar sal ‘n oplossing kom daarvan is ek seker!!

  • Kat

    Ek sukkel net erg om te verstaan waar ons oud spelers is in hierdie drama. Hoeveel van hulle skryf briewe en werk aan idees/voorstelle?

  • Lion86

    Dalk het die ou spelers al probeer help en hul wou nie luister nie……. Onthou Jake white se winning ways…. Ons bestuur het gedink hy weet nie waarvan hy praat nie.

  • Lion86

    Ons is nog altyd die span met shocking spankeuses en besluite.

  • Kat

    Met Kevin wat self ‘n oud-speler is kan nie glo dat die unie nie na ander oud-spelers sal luister nie. Inteendeel. Ek kry die idee ouens wat vir ons gespeel het sit met gemengde gevoelens oor die unie.

  • Lion86

    Met goeie rede

  • Kat

    Ek kan verstaan dat baie mense nie van oud-werkgewers hou nie (en hulle slegpraat) maar is daar nie hier en daar darem ouens wat goeie tye gehad het nie? Waar sou Francois Pienaar vandag gewees het as dit nie vir die Leeus was nie. Ek hoor niks van sy kant af nie en ek gebruik hom as voorbeeld want hy was een van die grootstes wat uit Transvaal gekom het en vandag in ‘n posisie is om ‘n verskil te maak. Ek wil hom egter nie uitsonder nie; daar is ander ook. Of is gholf en geldmaak nou te belangrik?

  • mufasa62

    Ja kat ek sal dit ook graag wil weet. Ek wil nou nie lelik wees teenoor sekere oud spelers nie maar ek kyk gereeld superrugby elke Maandag aand en dit voel vir my asof manne soos Kobus Wiese en Aswin willemse eerder saam met die ander ouens op die paneel sal spot oor die Leeus se gesukkel as wat hulle eerder meer bekomerd lyk oor die voortbestaan van ons Unie en die span.

    Dit maak ‘n mens hartseer oom te dink dat hierdie ouens soos jy se het beroemd geword asgevolg van suksesvolle tye by die Leeus of dan die ou Transvaal, en nou is dit net asof niemand ‘n dooie duit omgee vir hulle oud span nie.

    Ek wens ook van die oud spelers wil weer hand uitsteek en net vir Kevin gaan sien en hom tenminste gaan ondersteun en hulp aanbied dit kan ‘n wereld se verskil maak en dink net wat se verskil sal dit maak aan die spelers as iemand soos Francois Pienaar al moeite gedoen het en saam met JM en die afrigtings span dalk net eendag met die spelers gaan sit en praat het en hulle probeer motiveer het hy is ‘n great motiveerder hy het dit bewys as kaptein van die Transvaal en die bokke so ek dink ook manne soos daai kan wragtig net probeer om te kom help met voorstelle en idees hulle kan ‘n moerse verskil maak.

    As manne soos Naas Botha en frik du preez ens so groot verskil gemaak het by die Bulle destyds toe hulle in die moeilikheid was kan ons oud spelers dit ook vir ons unie doen ek wil sover gaan en se hulle skuld dit vir ons lojale ondersteuners wat hulle al die jare getrou ondersteun het!! Wragtig!!!

  • Hoekvlag

    Kom ons wees eerlik. Ons IS die VROTSTE van die 5. Die seisoen is nog nie klaar nie maar ons span is ‘gebreuk’ en dis ‘OK’ om te verloor solank die joernaliste gan skryf dat jy ‘n effense ‘fight’ opgesit het. Ons verdien om die trekpas te kry. Ons mag miskien glo dat die Leeus meer kompeteerend in 2013 S15 sal vertoon as die Kings, maar die eindresultaat is sekerlik dieselfde (weer heel laaste op die log).

    Die CATS was ‘n flop en sal sekerlik weer ‘n flop wees. As ‘n Leeu ondersteuner is ek dus gekant teen ‘n samesmelting. Waarom ? Want die Cheetahs verdien dit nie. Hulle het net soos ons aan die begin van die seisoen geweet wat die storie was met die Kings. Dis net logies dat die swakste span sou bes gee. En hulle het ondangs ‘n aanvanklike agterstand na ‘n verloor teen ons in die 1ste ronde tot op hede meer karakter getoon en beter beplan, bestuur en gespeel as ons om te sorg dat hul nie die swakste span gaan wees nie. So my gevoel is dat ons maar in 2013 die Cheetahs die kans bied om watter spelers hulle ookal van ons soek by hul in te trek by hul Cheetah/Griekwa squad en ons ‘support’ maar volgende jaar die Cheetahs want daar is darem ‘n paar van ‘ons boys’ wat vir hulle speel. Die wat oorbly fokus maar op Vodacom Cup en die res van die administrasie fokus maar aan om die unie reg te ruk. Sodat as ons weer ‘n kans in Superrugby kry dat ons ons koppe hoog kan hou.

    Ek is seker baie Leeu ondersteunders gaan nie gelukkig met my uitkyk wees nie, maar op grond van wat verdien ons enigsens iets beter ?

  • Kat

    Hoekvlag, dieselfde span het verlede jaar met ongelooflike goeie rugby die semi en finaal van die CB gewen. Ons kan mos nie nou daai net so weggooi en sê ons verdien niks meer nie. Sit ons beste 15 saam met Vrystaat se beste 15 om ‘n squad te vorm en dinge lyk heel bakgat … beslis beter vir Vrystaat ook.

  • mufasa62

    Ek stem Kat dit maak net meer sin glo my!!

  • Rooibont

    Ek moet se ek mis ook nie Superugby en kry vir Kobus en Ashwin bitter jammer oor al die gespottery met die Lions ! Hulle weet ook nie meer wat om te se nie !!

  • Kat

    Probleem vir Kobus en Ashwin is hulle mag niks sê wat as kritiek beskou maag word nie en Super Sport is soos die ander SS van 1930-44. Vra maar vir Tank. Dis hoekom ek lankal geen rugby geselsprogram meer kyk op SS nie want alles word so gesensor dat niks bereik word nie. Kobus en Ashwin sal onmiddelik gefire word as hulle sê wat hulle regtig wil sê. Ek vermoed dan selfs in hul privaat hoedanigheid.

    Daar is egter ander wat wel hulle sê mag sê.

  • Kat

    Die oomblik wat SARU op SS gekritiseer word sal SS nie meer SARU se games kan uitsaai nie. En SARU is die bron van al die kak wat aangaan.

  • Hoekvlag

    Ouens, ek het mos gese almal gaan nie saamstem nie. :-)Ons het laas jaar nogal nice rugby gespeel. Ek stem. En in ‘n ideale wereld sou ‘n samesmelting van die beste XV van die 2 unies goeie resultate lewer. Maar kom ons as Leeus verbeel ons vir een oomblik dat dit ons was wat tans al 4 wedstryde gewen het (steeds niks om oor te ‘brag’ nie) … teenoor die Cheetahs se 1 wen.

    Sou ons volgende jaar uitsluitlik as die Leeus in S15 wou speel op Ellispark ? Ek glo ons sou almal so voel. Ons is die Leeus en ons het ‘after all’ nie heel laaste op die log geeindig nie. Heng, ons het selfs bo ‘n paar Aussie en Kiwi spanne geeindig. Ons is heel gemaklik as die Leeus, baie dankie. (p.s. Sal egter graag van jul Cheetahs se beste spelers wil leen … jul weet, vir diepte en beserings en so aan…)

    Ons sou aanvoer die Cheetahs het mooi geweet wat op die spel was vir 2013 se Super deelname en dis hulle probleem dat hul laaste op die log gaan eindig? Sou ons nie? Komaan, wees eerlik. Nou hoekom verwag ons hulle moet anders voel? ‘n Streekspan vorm ? Hoekom?

    Ek weet die seisoen is nog nie klaar nie … maar ONS het die agterstand … en al wen ons dalk nog ‘n game hier of daar voor die seisoen klaar is… glo ek die Cheetahs sal ook nog ‘n game hier of daar wen. Realisties gesproke is die Superrugby skrif aan die muur, manne.

    Ons unie het probleme… moerse probleme. Laas jaar se curriebeker het belofte ingehou van ‘n nuwe begin. Ek dink realisties het ons nie verwag om die jaar al die Superrugby kampioene te wees nie, maar 7de of 8ste sou goeie vordering getoon het dat ons in die regte rigting beweeg. Maar helaas, beserings ten spyt, is die seisoen net so swak soos al die swakkes voor dit. Meeste van die goeie werk van laasjaar se Curriebeker wen is ongedaan gemaak. Ons is die laughing stock van die rugby wereld. Net soos Noord Transvaal in die S12 so klompie jaar gelede. As ek dit nie mis het nie was hulle self een seisoen afgeskuif na die Curriebeker B-liga, so swak het dit gegaan. Maar nou gaan dit goed. Miksien moet ons ook eers beitjie afskuif voor dit weer goed kan gaan…dat die mense by Ellispark vir eens en altyd kan besluit hoe ernstig hulle omtrent rugby is. Kom ons vat ons pak maar soos ‘n man en sit volgende jaar uit en miskien lag ons 5 jaar van nou af daaroor.

    Die Leeus sal weer opstaan, uiteindelik… ek sou net graag wou gehad het dit moes laas jaar gebeur het… pleks van 2014…2015…2016 ens…ens.

  • Kat

    Diepte! Sal ons op ons eie dit ooit hê en sal Vrystaat enigsins beter gedoen het as ons met soveel beserings?

  • mufasa62

    Kat ek dink dit se alles, nou vra ek myself af hoe gaan ons hierdie probleem aanspreek en die antwoord volgens my is slegs as ons in Super rugby bly al is dit dan soos ons se as ‘n streekspan want as net ‘n CC en VC unie gaan ons nie beter spelers kan lok na ons unie nie.

    Ek wens ek kon ‘n microfoontjie gehad het wat kon inluister by vandag se vergadering om te hoor wat die onderskeie unies se voorstelle en oplossings is vir die probleem wat SARU veroorsaak het met ons en die KINGS ek kan maar net hoop dat Kevin hard vir ons baklei, en dat die ander Unies bankvas agter ons sal staan want ek is seker ons sou ook enige van die ander unies geback het as hulle in dieselfde posisie was!!

  • Kat

    Sou self ook bitter graag daai SARU gesprek wou afluister. Maar ons weet nou al sulke gesprekke lei net tot nog ondersoeke wat lei tot nog vergaderings wat dan tot verdere onersoeke lei. Death by committee.

    Dalk is al die ander spanen so bang om met ons saam te smelt dat hulle SARU dwing om ons in SR te hou … LOL!

  • Lion4ever

    If the Lions are relegated for any other reason other than a good rugby reason, then I will start supporting the Crusaders, because at least if they have a crap season, they are still in contention for the play offs.

    But I am so gatvol of the anti Lions sentiments, from the media and even Lions fans. Yes, we are gatvol of the results, but we cannot turn on our team now, in their hour of greatest need.

  • Kat

    Die Cheetahs skree seker hardste dat ons nie moet uitgegooi word nie want hulle is naaste daaraan om in ‘n merger met ons op te eindig. Kevin moet net elke keer wat Harold Verster praat die woord “Cats” sê dat hy dit hoor.

  • mufasa62

    He he ja kat ek het nou lekker gelag vir jou maar glo my ek hoop regtig dat SARU nou vandag oor genoeg info beskik om baie vinnig ‘n besluit te neem sodat ons tenminste aan ‘n plan kan begin werk vir die toekoms want om so te moet sit en wag is regtig kak!! skuus my uitdrukking maar dis hoe ek voel!!

  • mufasa62

    Dit lyk my daar is so bietjie nuus. Nie regtig iets pertinents nie maar hier is ‘n berig op Rugby365. Kat dit lyk my nie volgens hierdie berig asof enige van of ons en die Cheetahs belangstel in ‘n merger nie.

    So nou weet ek nie watse ander opsies daar nou werklik is waarvan hulle praat nie. Ek hoop wragtig nie ons en die Kings moet saamsmelt nie maar ek glo nie Kevin sal dit eers enigsins oorweeg nie nie as ons nie saam met die Cheethas wil merge nie.

    Wel nou sal ons seker maar moet wag en hoor wat die opsies met die volgende vergadering fok dis frustreurend!!!!

    Hier is die link : http://www.rugby365.com/tournaments/super14/news/2886605.htm

  • Blah Blah Leeus Blah Cats Blah Currie Cup Blah Blah span Blah Blah Oud spelers Blah Blah Blah.

    Lyk soos ons wedstryd plan.

  • As ek moet kies tussen relegasie of ‘n merger vat ek eerder die relegasie.

  • mufasa62

    Willa weet jy dalk iets wat ons nie weet nie want jy bly se ons gaan in Super 15 bly en jy klink baie seker van jou saak, deel asb ou matter moenie alles vir jouself hou nie….

  • Kat

    Willa, het iemand jou tanne by gym uitgeslaan? Klink so.

  • Al ons gepratery en oplossings probeer kry help sweet blou pokol as die spelers nie hulle kant bring nie.

    En dis die grootste issue. Resultate is waaroor dit gan, en dit help nie, inteendeel al wat dit doen is bevestig wat almal al jare se.

  • Kat

    Willa, ‘n Jetta kan nie ‘n BMW M3 beat nie en dit help niks om vir die Jetta kwaad te wees nie.

  • Kat, maar as daai Jetta nie wil start nie kan ek de bliksem in wees.

  • Lion86

    Kat dit gaan ook oor die drywer van daai Jetta en of die eienaar ooit die gebroke parte gaan regmaak.As hy nie gaan nie, dan is daar geen punt nie en die kar kan maar verkoop word

  • Lion86

    Enigste oplossing is ons merge met die Stormers,Bulls, Cheetahs en Sharks en speel dan met groen truie

  • Kat

    Ek praat van die spelers wat ons het. Ons het te veel Jettas en te min BMW M3′s. Daai Jettas is verlede jaar gedruk dat die revs deur die bonnet gaan om die BMW’s te wen … en nou is die enjins factup. En nou is manne kwaad vir daai Jettas.

    Ons moet meer BMW’s hê om in SR goed te vaar. Die BMW ry vir die Jetta weg met minder stres op onderdele en die enjin. Ons dink as ons net genoeg Jettas het gaan ons byhou, so ons koop meer van hulle aan. Werk nie so nie.

  • mufasa62

    Boys as ek dinge so bekyk lyk dit vir my asof die enigste ding wat gaan gebeur met ons is dat ons uit S15 geskop gaan word vir 2013. In 2013 gaan ons slegs VC en CC speel maar die ander unies gaan van ons beste talent mag gebruik om as back-up spelers vir hulle diepte te gebruik.

    Na aanleiding van die berigte wat ek sover gelees het lyk dit nie asof enige mergers sal realiseer nie daarom sien ek dat slegs die bogenoemde kan gebeur.

    Aan die einde van 2013 gaan ons promosie relegasie speel teen waarskynlik die Kings en die wenner(Leeus) daar, sal dan weer sy regmatige plek terugkry in die Super 15 vir 2014.

    Kom ons veronderstel dat die bogenoemde senario wat ek geskets is waar is en gaan gebeur volgende seisoen(2013)vra ek dan nou die volgende vrae:

    Gaan Kevin ferm genoeg wees om SARU op ‘n subtile manier te dreig met ‘n hofgeding en voorstel dat indien dit is wat hulle met ons wil doen SARU ons finansieel moet vergoed vir verlies aan inkomste en speller kontrakte sodat ons dan met daai vergoeding ons finasies in orde kan kry?

    Gaan Kevin en ons bestuur oortuigend genoeg kan onderhandel om ons bestes vas te teken en hulle te behou vir kom ons se tenminste 2 jaar kontrak en hulle oortuig dat hulle net moet vasbyt vir 2013?

    Gaan Kevin ‘n besluit neem of hy vir JM gaan behou as afrigter saam met die huidige afrigtingsspan of dalk probeer kyk na iemand soos nick Mallet(Net ‘n voorstel)?

    Gaan Kevin hard daarop gefokus kan kry om iemand(Francois Pienaar) aan te stel om beter spelers na ons te lok om by ons te kom teken, want dit is nou ‘n af jaar vir ons en nou moet ons dit gebruik om al ons kak uit te sort sodat ons nie weer met dieselfde fiasko sit in 2014 nie?

    Gaan een jaar genoeg tyd wees om al die bogenoemde kak uit te sorteer sodat ons weer mededingend kan wees?

    Daar kan seker nog baie ander vrae bygevoeg word, maar ek dink die bogenoemde vrae is seker die mees belangrikste volgens my.

    Soos ek dit sien met verwysing na die bogenoemde senario en vrae is een van die eerste dinge wat kevin sal moet doen sal wees om nog een of twee moerse groot borge erens te kry saam met Redifine wat bereid sal wees om ons vir tenminste ‘n 3 jaar tydperk te borg sodat ons weer kan bou en in ‘n posisie is om net die beste spelers by ons te teken en diepte te bou en dan vir iemand soos Nick Mallet ‘n aanbod te maak om ons te kom afrig as JM nie behou word nie. Die bottom line is al die bogenoemde kan slegs realiseer as ons die nodige Fondse kan kry om ons te back.

    Kom ons kyk na ‘n tipiese voorbeeld die Rebels van Aus het dit gedoen en het een jaar gesukkel en nou het hulle begin wen en het selfs met ‘n groot span soos die Crusaders afgereken, hulle lyk nou skielik na ‘n baie beter span en doen selfs beter as die Force wat langer as hulle in die kompetisie speel. Hoekom? omdat hulle beter spelers begin koop het. Ons sal dit ook moet doen as ons enigsins weer mededingend wil wees in Super Rugby. My vraag is nog steeds hoe realisties bereikbaar gaan dit wees om die bogenoemde in een jaar te bereik ek dink meeste van ons sal seker se geen kans nie, ek wil se dit kan gedoen word mits SARU nou baie vinnig ‘n besluit neem en ons weet waar ons staan dan moet Kevin net ‘n great span bymekaar kry om te help met borge soek en die regte mense inkry wat kan help met die res. As ons kom ons se Julie kan begin met hierdie proses en alles kan realiseer dan kan ons weer terug wees met ‘n krag in 2014!! Ai waar is oom Louis Luyt tog nou iemand soos hy sou soiets 100% suksesvol kon gedryf het en hy sou SARU gesqueez het vir eleke druppel wat hy kon om ons weer op die been te kon bring finansieel.

    SAL GRAAG JULLE MANNE SE KOMMENTAAR WIL HOOR OP MY POST?

  • Kat

    Mufasa62, daar gaan beslis nie ‘n promsie/relegasie wedstryd wees teen die Kings in 2013 nie. Ons kan daai een maar afskryf en van vergeet. Daar is GEEN manier wat die politici gaan val vir so iets nie want dit gee die kings net een jaar om op die been te kom en ons kan dit nie eens in ses regkry nie. Dis beslis nie regverdig teenoor die Kings nie, selfs ek sien dit raak. As so ‘n besluit om promosie/relegasie te speel in 2013 wel gemaak gaan word belowe ek julle vandag dit gaan net wees om die Leeus stil te maak want SARU gaan beslis so besluit moet herroep as die Kings volgende jaar in so game gaan moet speel. As dit Vrystaat is gee SARU nie ‘n flenter om nie maar beslis nie die Kings nie.

    Dus, as ons nou uit is moet ons ons maar regmaak vir ‘n drie jaar droogte. Dis hoekom ek goed soos die Wildcats voorstel. Die Kings sal ‘n regverdige kans moet kry. Ons kon in flippen ses jaar nie regkom nie so ons moet nie nou van ander verwag om dit gouer te doen nie. En die politici – en ‘n hof – sal dit ook so insien.

  • Kat

    Daar is net een oplossing om ses in vyf in te druk en dis a merger. Solank as wat almal ander draai gaan loop en die onvermydelike probeer vermy gaan dit ‘n gemors bly. Ses gaan nie in vyf in nie en relegasie gaan nie volgende jaar gebeur as die Kings laaste eindig nie. Merger of chaos.

  • Lion86

    Wel Kat die Cheetahs wil nie Merge nie. So wat kan ons doen? Ek blameer hul nie, hoekom moet hul suffer oor ons swak rekord?

  • Hoekvlag

    Mufasa, Ek dink ook nie dis vanselfsprekend dat daar promosie/relegasie aan die einde van 2013 gaan wees nie. En as daar is gaan dit seker gewangle word op die basis wees dat Kings vir 3 jaar gevrywaar gaan wees (totdat die SANZAR ouens in 2015 ‘n nuwe opset beding vir 6 spanne in 2016) en ons sal uitspeel teen die span wat bo Kings eindig (waarskynlik die Cheetahs). Ek dink nie die politiek gaan toelaat dat die Kings net een jaar ‘n vinnige Superdraai maak nie…

    Jou ander vra sal sekerlik deur die Lions bestuur gecover wees. Ek hoop so.

  • Kat

    Lion86, die Cheetahs wil nie merge nie want SARU praat nie geld nie. Ek het al vele kere gesê dat dit van die geld afhang. SARU moet geld na hierdie probleem gooi en dit voordelig maak om te merge met die Leeus. Die ou Cats gemors moet nie weer gebeur nie … almal het mooi geleer uit daai ramp.

    As ons nie merge nie is ons uit vir langer as een jaar manne behalwe as die Kings in een jaar ‘n wonderwerk regkry en bo ander spanne eindig in ons conference (wat ek nie kan sien gebeur nie). Ons sal dus ons longe moet uit skree vir die Kings om goed te doen sodat ons teen iemand in 2013 kan uitspeel. Soos ek al gesê het, een jaar vir die Kings is onregverdig en gaan net nog meer kak veroorsaak.

  • Kat

    Manne, as die Kings geforseer gaan word om volgende jaar teen ons relegsasie te speel gaan ‘n moerse bom bars in rugby en ons gaan weereens soos die vark in verhaal lyk. Ons het dit waaragtig nie nodig na alles nie. Dis hoekom Kevin gou-gou van daai perd moet afklim want daai perd gaan hom en die unie afgooi en skop waar dit seerste maak. Dit frustreer my dat ons rugby base in hierdie land nie die politieke kant van dinge reg sien en reg kan hanteer nie.

    Vat nou die volgende: Hoekom dryf die ANC om die Oos Kaap te help ten koste van Johannesburg waar die ANC se krag lê? Hoekom het die GLRU hierdie ding nog nie gedryf nie? As iemand clever genoeg was sou hulle die ANC gevra het en so ‘n slapende hond wakker gemaak het. Die ANC van vandag onder Zuma voel vere vir die ANC van Mbeki waar alles rondom die Oos Kaap gedraai het. Die mag lê nou in die Noorde. Is dit in die ANC se belang om Johannesburg sonder ‘n span te hê? Beslis nie, maar iemand het dit nog nie metd ie ANC opgeneem nie. Dis waar die GLRU faal. Politiek is ‘n realiteit en ons moet dit ook gebruik soos wat die Watsons doen.

Leave a Reply