The Way Forward

It is reasonably clear by now that the Lions will be the team most impacted by the Kings’ inclusion in SupeRugby. Lions fans are not happy with this for obvious reasons but to be fair to all involved this has been coming for a long time. For many years now we have argued this on every rugby forum available to us.

It started with the Southern Spears under McKeever that turned into the Southern Kings under Watson. SARU tried to postpone their inclusion for as long as possible but cannot do so anymore. The Kings have legal and political backing, and by many accounts large financial backing also. Rumours abound about talks with some big names and big money in the background. Those close to the Kings talk about buying a star team like we haven’t seen in SA. Sounds like Gumede when he tested the waters at the Lions … “Manchester United of rugby”. We’ll see (and my advice to Kings fans is to take such talk with lots of salt, especially if Gumede is involved).

Where to for the Lions? The options are as follows:

(1)    Relegation. Sit out for at least one season and rebuilt the squad. Some players might leave as I’m sure some contracts have SupeRugby guarantees built in. It is up to the players to stay or go in such cases. We all know that some should go and others we hope would stay. Mitchell indicated that he will stay on and not abandon the union/franchise. Good. I like Mitchell and believe, like in the Currie Cup last year, he can do amazing things when he’s got the players.

(2)    Merger. I’ve made my preference for this arrangement known all over the internet. I proposed the Wildcats concept where the Lions join the Cheetahs to create a super franchise. Yes, I know, it didn’t work so well before, but, we did play in two semi-finals under Mains, the best any of the teams involved ever did. The money allocation killed the unions involved at the time and this is where it can be done better – much better – this time. As I’ve said many time, if SARU and the franchises can come to an agreement to divide the broadcasting cake into six pieces instead of five the Wildcats can get 2 slices that will keep the Cheetahs and Lions on a sound financial footing. Both will be able to retain players and staff for the Currie Cup. My proposal is then also for the Pumas to be realigned with the Bulls. Many accuse me of driving Mark Keohane’s perceived Kings agenda here. Not so – at all. I propose this idea mainly because it is as clear as daylight after so many years of tears that neither Joburg nor Bloemfontein can on their own win the Super Series. Neither teams have the depth to deal with setbacks. Why participate if you never stand a realistic chance to win the tournament? Aren’t we all gatvol to get excited about a new season just to be let down again when reality hits. Reality is a bitch.

If the Lions can get a huge money injection soon all the dynamics will change. But what are the chances of anyone with big money investing in the Lions? The 49% ownership rule makes rugby a poor investment. If teams could be privatised it will make a huge difference, but I can’t help but expect the Lions to be seen as a bargain hunt target in such a scenario when the mighty Bulls sits on our doorstep offering an investor so much more. That we sit with such a strong and well supported Bulls setup on our doorstep is a huge dilemma for the Lions. One of the consequences is that any rugby support on offer from Soweto already sits with the Bulls. The Bulls is suffocating us and they’re almost done.

This domination by the Bulls necessitates the creation of a counter balance in the North. Thát, as I see it is the Wildcats. The Wildcats will attract sponsors more than the Lions and the Cheetahs do on their own. The Wildcats will be the alternative from the North where sponsors have a huge captive market. Give those that do not want to support the Bulls a real alternative. I believe the market is ready for that. Look at the empty stadiums in Joburg and Bloem. The Lions and Cheetahs have a poor record in SupeRugby and the Cats failed for reasons that are well understood. Go for a new brand and let go of the old paradigms. Yes, the geographic challenge is real, but it is not insurmountable. The money is the big issue, and that SARU can fix … and they should come to the party considering their huge stake in the mess we sit with.

I say: Bring on the Wildcats. Let’s build a new franchise with new branding and new ideas. Let’s build a franchise able to compete with the big boys and with a realistic chance of winning the competition. I agree with Simon Borchardt … bring Nick Mallett in, but do so as Director of Rugby. We need a strong character like him. Use Mitch and Naka as coaches. Mitch already indicated that he will work for such an arrangement. I see awesome potential here. I’m willing to let go of the Lions in SupeRugby to gain something with much more going for it (and me). Will Free State bite? Not if the money is not right. They may well argue that they are doing well on their own. If winning here and there but never being a real threat for the champions title is well enough then they will be correct, but that is mediocre thinking. We need a champion, one that can take injury hits and still remain the champion.

We received this article from our man KAT.

 

87 comments to The Way Forward

  • Rum And Maple

    Kry MTN om al die mense wat die Kings wil laat speel bo ons se selfone te block in protes…

    Jy gaan ‘n paar bedonnerde mense by SARU he… en Keo ook…

  • Benna

    Hahaha Rum, nou praat jy!

  • Kat

    Willa, wanneer iemand met goeie argumente op ‘n volwasse wyse kom en versduidelik waarom my idees “kak” is gesels ek saam, maar wanneer dit op Benna se kras manier gedoen word met een belediging na ‘n ander dan kom ‘n mens nêrens nie. Ek aanvaar jou redenasie en die redes vir jou siening. My argument om nie uit te sit nie is in my skrywe. Ek sien nie dat ons werklik gaan bou deur uit te sit nie en ek sien nie dat ons sonder ‘n groot geld inspuiting ooit werklik kopeterend gaan wees in SR nie. As mense lees wat ek skryf sonder dat die bloeddruk hulle visie belemmer sal mense sien ek sê ook in my artikel dat ‘n goeie geld inspuiting die saak verander. As die geld daar is om die unie weer sterk te maak dan is ek heeltemal daarvoor om op ons eie aan te gaan. Gebeur dit dan great. As ons egter nie geld gaan kry nie dan moet ons ‘n merger oorweeg imo maar – en weereens sê ek dit in my skrywe – slegs as die geldverdeling kan werk. As die geldverdeling nie reg is nie en ons gaan benadeel dan doen ons dit nie. Ek verstaan nou hoekom ons begripstoetse op skool moes skryf …

  • emiel

    Kat, ek is geen voorstander van mergers nie(dink dit benadeel albei spanne op die lang duur), maar as dit op die korttermyn moet, hoekom nie met die Kings nie? Ons verskaf die meerderheid infrastruktuur en spelers, en hulle kry blootstelling en tyd om ‘n mededingende span op te bou. Soos dinge nou staan het hulle ‘n groot tekort aan beide.

  • Kat

    emiel, as Bloemfontein reeds te vêr is vir ouens wat my idee teenstaan hoe gaan ons PE laat werk?

  • Benna

    Kat, ek het nie een keer jou as persoon aangevat nie, ek vat jou idee aan.

  • emiel

    Ek dink nie enige merger gaan werk nie Kat, dink net dit sal miskien makliker wees om die Kings te ooreed tot so ‘n idee as die Cheetahs. Ek dink ook nie dat die ouens wat jou idee aanvat dit slegs op emosionele redes teenstaan nie.

  • Dewaldt

    Hoekom weet al die mense met hulle regte name altyd beter…willa,emiel,benna….Ek gee jou net k@k @ Kat.Verstaan waar jy vandaan kom en die idee,MAAR ons kort strukture..En om onsself vir n jaar of twee vir n ander span te leen is nie die oplossing nie. Kat, eerlik ne kom ons se Minnie,Josh en Coetzee het briljante jaar. Dink jy die Cheetahs gaan hulle nie wil hou nie?Vat die relegation,Raak ontslae van verloorkultuur en almal en alles wat saam met dit gaan en bou op n vaste fondasie..

  • Kat

    Dewaldt, met ‘n merger speel ons nie vir die Cheetahs nie, ons speel saam met hulle, so niemand hou ‘n ander ou se spelers nie. MAAR as ons ons spelers uitleen wanneer ons uit is GAAN die unies aan wie hulle uitgeleen is hulle wil sign.

  • Sien die manne gesels lekker hier. Almal is geregtig tot hul eie opinie.

    My opinie is die Leeus moet eerder volgende jaar die S15 uitsit en alles moet ge restructure word. En dit bedoel ek op alle levels.

    Voordele vir Leeulose S15.

    1. Kan gras sny of kar was wanneer die Leeus sou speel.
    2. Hoef nie keo en sy gatgabbas se kak aanmerkings en posts oor die Leeus te lees nie.
    3. Kan gaan piekniek hou of die hekke verf wanneer die Leeus sou speel.

    Persoonlik stel ek glad nie belang in enige merger nie. Dis Leeus of niks vir my nie. Die Stormers was in 1997 gerelegeer en hulle het OK daar uitgekom. Nou sien ek hulle is die Andy Murray van SA rugby. Doen altyd goed en maak heel gereeld ‘n semi. Wen nooit ‘n grote nie, maar speel OK om heel ver te vorder.

    Ons moet net as Leeus ondersteuners saam staan en geen van die Kings wedstryde kyk nie. Verander die kanaal wanneer hulle speel. Ons moet ook die ander Provinsies kry om dieselfde te doen. As daai nommers val elke keer as die Kings speel gaan die kanale wat broadcasting regte het begin geraas maak.

    Dink net, 5 miljoen mense wêreld wyd kyk ‘n Sharks teen die Crusaders en direk da net net 100000 mense as die Kings speel. Slaan waar dit seer maak!!!

  • emiel

    Stem saam oor strukture Ed. Persoonlik dink ek Heine Meyer se bydrae to Bulle rugby het veel meer te doen met regte strukture implementeer as sy afrigtings vermoe. Dieselfde kan gese word oor Rassie se betrokenheid by Stormers. Ons kort dringend so iemand by die Leeus.

  • Hoekom sluit die Lions nie aan by die Bulle nie. Lekker naby aan mekaar, die ewige bakleiery is iets van die verlede en John Mitchell kan teruggaan waar hy vandaan kom.

  • wanderer

    Rooies gaan jy gelukkig wees om elke keer op Pretoria te gaan rugby kyk?
    Sorry manne ek stem ook nie saam met n merger nie.

  • Lion86

    Wel ek is glad nie n fan van die Merge ding nie, maar kyk net mooi hierna.Ons kan merge vir 1 jaar. Einde volgende jaar kan ons promosie relegasie speel en dan weer Superrugby speel as die Lions

    As die Lions, sal ons nie volgende jaar Superrugby speel nie. As ons merge en dan met finansiele hulp van Saru, sal ons darem ons spelers kan behou.Ek hou niks van die merge ding nie, maar ek dink dit is n lifeline wat ons nodig het, net vir een jaar.

    As ons nie merge vir een jaar nie, sal ons al ons belowende jong spelers verloor. Taute, Willemse,Rhodes,Minnie Botha, jantjies, Strauss, Coetzee ens. gaan nie rondspeel in die vodacom cup nie.

    Ek weet nie hoe van julle kan verwag dat ons n jaar of twee moet uitsit en dan weer probeer nie. Ons sal nie meer spelers he om promosie relegasie games te kan wen nie.

    Eks glad nie n fan van die Wildcats idee nie, ek hou ook nie van die naam nie, maar as ons dit vir een jaar moet doen, dink ek nie dis die einde nie. Om heeltemal uit die superrugby te wees volgende jaar is die einde van die Lions.

  • Kat

    Lion86,

    Dis die ding wat niemand kry nie. As ons uitsit gaan ons ons beste spelers verloor want die beste ouens se kontrakte bevat ‘n klousule dat hulle SupeRugby sal speel (of vrygestel kan word indien nie in die squad om elders kans te kry).

    Saam met Vrystaat kan daao klousule nie gebruik word om te waai nie en sal oordrag kostes betaal moet word wanneer ouens wel wil waai. Sit ons uit kry ons fokkol.

    Dan neem ouens wat uisit voorstaan aan dat ons in die toekoms relegasie games sal wen. Dis arrogant om so te dink. Nadat ons beste ouens geloop het soos beskryf gaan ons bars om sulke games te wen. EN ons gaan vir twee seisoene nie teen die Kings relegasie speel nie maar heel waarskynlik teen die Cheetahs. Die Kings is vroeër hierdie jaar die versekering gegee dat hulle ten minste twee volle S15 seisoene sal kry om span te bou voordat hulle relegasie wedstryde sal speel … so maak julle maar reg vir sterker spanne (wat met ons huidige ouens teen ons gaan speel as ons uitsit). Watch mooi, Kings gaan nie einde volgende siesoen promorelegasie speel nie. Daar is geen manier dat hulle so gou op hul voete sal kan kom met nuwe spelers nie. Ons wat so hou van ons drie jaar planne sal hierdie tog verstaan of hoe? Of eis julle van ander wat julle self nie wil doen nie (en aan kan voldoen nie)?

    AS daar een ding is waar ons ondergang gaan waarborg is dit geen S15 deelname nie.

    SARU moet hierdie gemors regmaak … en hulle kan dit doen met GELD. Almal sê vir my dat Vrystaat nie sal toestem nie want hulle het ons nie nodig nie. Wel, hulle het geld nodig, en baie daarvan, en om saam met ons SupeRugby te speel sal vir hulle dit gee. Maar SARU moet na die partytjie toe kom.

    Maar nou ja, dis mos ‘n kak idee van my dié.

  • Kat

    En vergeet maar van promosie/relegasie games na afloop van hierdie S15. Dat Kevin dit eis slaan my dronk (met alle respek gesê). Die Kings het geen manier om die spelers te sign wat hulle tans mee onderhandel as daai ouens nie SR waarborge kry nie. Dieselfde klousules wat ons ouens gaan laat padvat is wat dit vir die Kings gaan maak of breek. Geen manier dat SARU vir Kevin se eis gaan val nie.

    Die twee opsies wat ek in my artikel gegee het staan steeds. Hoe gouer die GLRU dit besef en plan maak hoe beter. ‘n Volstruis mentaliteit werk nie. Die Kings trok gaan die volstruis faktup ry en net die kop in die sand gaan oorbly.

  • Kat

    Hoe lank weet die Leeus al van die Spears en Kings wat kom? En in al hierdie tyd hoeveel alternatiewe is bestudeer en werk van gemaak? Was die aanstel van nuwe coaches al plan?

  • Kat

    Net nog ‘n ander ding … die “Wildcats” naam is my naam vir die konsep. Obviously het ek GEEN sê wat so ‘n setup hulself sal wil noem nie so al hierdie aanvalle oor die naam en my logo is ‘n klomp kak (strawman).

  • Ek het baie lanklaas gepost op die site, ek is maar redelik dissapointed in die Leeus die jaar. Ek dink nie ons coach die spelers reg nie, fokus op die verkeerde goed, want as die basics nie eers werk nie (bal vang en tackle) kan ek nie sien hoe hulle kan praat van game plans nie! Dis amper soos om ‘n call center te he sonder telefone.

    Ek stem vir die Kings om volgende jaar te speel, en die leeus om 2 jaar uit te sit, want ek is gatvol vir verloor en om ‘n span naweke op die veld te sien wat obviously nie daar wil wees nie. Ongelukkig gaan geen unie met ons wil merge nie, want hulle hoef nie en het geen voordeel daaruit nie. As ons nou ‘n paar games gewen het en dit close was tussen ons en ‘n ander unie om laaste in die conference te eindig sou dit anders gewees het, maar ja, ons verdedig die wooden spoon baie suksesvol … weereens!

    Die probleem in die unie is groter as dit though, na ons met die guma geld wat ons sou kry nog steeds geen goeie spelers kon koop nie, het die unie toe besluit om eie talent te gebruik. Dis ‘n great standpunt en iets wat ek heeltemal voor is, MAAR, dan moet jou skole wen, jou universiteit span moet wen, en jy moet at least in die vodacom final speel, want dan het jy talent om mee te werk. UJ het hierdie jaar weereens nie die finals gemaak nie, ons het in die quarters uitgeval in vodacom en met die super skole reeks in Kimberley hierdie jaar het ons sterkste skole met tye erg pak gekry!

    Ek dink die Leeus het hulle identiteit verloor, en dit het moontlik te doen met die Cats storie ‘n paar jaar terug, of deur swak management, of iets, ek weet nie, maar al die ander unies het sterk identiteite. wp = modepoppe, bulls = afrikaans, sharks = surfers, vrystaat = boere, kings = queens (hahaha, eintlik aan die onuitputlike talent wat hulle se hulle het), maar wat van die leeus? ons was nooit ‘n span vir groot name nie, maar eerder die hardwerkende myners wat vir mekaar speel & bloei. dit het ons gehelp met die CC laas jaar, maar ook die feit dat die ander spanne nie so goed was nie het ons toegelaat om momentum te bou. die jaar in die super15 kry ons nie momentum gebou nie, daarom dat ons sukkel.

    ok, lang post, dink ek maak op vir al die tye wat ek nie gepost het nie. bottomline, leeus soek ‘n nuwe ceo, ek dink al die supporters moet aansoek doen, of ons die kwalifikasies hiet of nie. laat die huidige management op so ‘n manier weet ons is nie happy nie, sit in die aansoek hoekom ons dit soek en wat ons gaan doen om die unie te red. of ander mense saamstem met jou idees of nie, wie gee om, hulle gaan deur baie aansoeke moet lees, en gaan idees kry, dalk red een van die idees ons.

    die leeus moet ‘n mikpunt stel, nou. oor 2 jaar speel ons ‘n promotion/relegation wedstryd teen die swakste super15 span. so oor 2 jaar van nou af moet ons AL die kompetisies waarin ons speel wen, varsicty cup, vodacom, currie cup, en skole, en wie ons ookal teen speel in die promotion game, ons moet hulle wen met 50 punte of meer. so dis die target, hoe gaan ons dit bereik??

    once a Lion, always a Lion!

  • Ek verstaan nie hoe julle dink ons nie spelers gan verloor as ons merge nie. Either way gan ons spelers verloor.

    Al die potensiele outjies wat Lions86 genoem het staan feitlik nie n kans om SupeRugby te speel waar daar uit tween unies 30 spelers gekies moet word nie.

    Either way gan ons spelers verloor. As ons merge vir een jaar moet ons weer van voor af begin in 2014. Weer ons gatte sien.

    In elk gevasl het Verster gese hy stel glad nie belang in n merge nie. Die Leeus is op hulle eie.

    Ons het k@k angejaag, en ons moet die punishment vat.

    Kyk, as ek n Cheetah onsdersteuner was, sou ek my moer solidly gestrip het omdat ons nou die Leeus moet help.

    En dis waar wat Mufasa se.

    Al die unies kry nou 1/5 finansieler verdeling. As Kat se voorstel materialiseer, gan almal 1/6 kry, nie een van die ander 4 groot unies gan daarvoor staan nie.

    Die is n ramp, maak nie saak wat gebeur nie, en hoe dinge uit werk nie. Al wat die Leeus kan red is n wonderwerk dat ons weer 2013 gan speel. Maar dan gan ons weer laaste eindig.

    Ek wil nie vir die spelers en unie baklei nie, want daai blixems doen dit definitief nie op die rugby veld nie.

  • Rum And Maple

    Een ding is seker… ons is diep in die poefies…

  • Rum, dis wat ek se.

    Maak nie saak wat gebeur nie, as ons nie SupeRugby volgende jaar speel nie, het ons vet dinges.

  • Rum And Maple

    Enigste oplossing is ‘n moerse lelike hofsaak en die backing van die ander unies… wat ek nie op wil “bet” nie…

    Relegasie of “merger” gaan ons breek…

    Maar aan die ander kant dink ek ons is al klaar gebreek…

  • Rum And Maple

    Willa – Stem 100%. Die hartseer ding is dat ons baie van die k@k op onsself bring deur soos morone te speel…

  • Kat

    As ons saam met die Vrystaat sou speel gaan dit oor wie almal in die squad sal wees. Laat die ouens hier ‘n bietjie ‘n squad van 32 ouens uit die Leeus, Vrystaat, Griekwas, Leopards en Griffons saamstel vir SR en ons kyk hoeveel van ons ouens is daar.

    Hou dan ook in gedagte dat ander unies nie vrek baie oop plekke het om Leeus spelers wat tans nie mas opkom in SR te sign nie. As hulle nie by ons die dinge kan doen nie hoekom gaan iemand anders hulle wil hê. So, ons praat eintlik net van ons top spelers, ek ek is seker hulle sal SR speel as ons saam met Vrystaat is.

  • Kat

    As ons top 12 ouens in ‘n gekombineerde squad opgeneem word en in so lang uitgerekte kompetisie wel SR speelkans kry (rotasie wat die regte ding is om te doen) kan hulle nie uit hul kontrakte kom sonder dat die ander kant oordrag fooie moet betaal nie. Sit ons uit loop hulle for free en gratis.

  • Stem Rum.

    Plaas ons net bietjie wen. Kevin se die stress is n probleem al van die begin van die seisoen vir die spelers, hoekom het dit nie die Cheetahs gepla nie?

    Hulle speel kook water rugby.

    Die is ons eie skuld. Ons s’n.

    En ons moet verantwoordelikheid vir dit vat.

  • Kat

    Dis ons skuld. Reg so. Ek stem ons moes veel beter gespeel het ensovoorts. Meer wenne en meer ligapunte sou beslis gehelp het. Net so. Ons almal besef dit. Die vraag is nie nou wie wat moes gedoen het nie, mar eerder wat moet nou gedoen word. En dis in hierdie lig dat ek sê daar is twee opsies (behalwe as ons iewers ‘n groot klomp geld gaan kry). Ons kan bly top oor wat kon/moes gebeur het of ons kan die realiteit met ‘n positiewe mentaliteit in die oë kyk en sê “Reg manne, ons het kak aangejaag, maar kom ons kyk na opsies om die situasie beset te bestuur.” Om te bly eise dat relegasie games in 2012 gespeel moet word is nie een van die opsies nie.

  • Ek sien dit so. Ons verdien om uitgeskop te word. Ons verdien nie ons plek in SupeRugby nie. Ons is nie goed genoeg nie.

    Dis n vernedering vir ons as ondersteuners. Dis n vernedering vir SARugby en dis n vernedering vir die Currie Cup. Hoe kan die CC kampioene heel onder wees.

    Haal ons uit. Ons verdien dit nie, gee iemand anders n kans, wie weet, miskien doen hulle beter as ons. Een ding is verseker, ons is nie op SupeRugby standaard nie.

  • Kat

    Willa, hoe ek dit sien is die swak vertoning van die Leeus deel van die werklikhede van Johannesburg. Ons kan skop en skree oor die unie wat nie dit en dat goed genoeg gedoen het nie maar ons sal blou in die gesig wees en niks bereik nie.

    Hoe graag mense my wil oortuig die Vrystaat doen goed genoeg stem ek nie saam nie. Hulle ploeter al vir net so lank as ons in SR rond.

    Net as die Cats het hierdie twee spanne ooit naby ‘n finaal gekom onder Mains. My argument is dat hierdie spanne dit ook nie op hul eie sal doen nie, behalwe as een of ander engel uitd ie hemel gaan verskyn met ‘n moewiese groot houer vol genuine R200 note.

    Ek bly dieselfde goed oor en oor sê. As die ondersteuners van Vrystaat ook happy is met ‘n span wat net deelneem en hier en daar wen dan is dit seker reg so. Dis nie ek nie. Ek wil die kompetisie WEN en nie net deelneem nie. Om dit ‘n werklikheid te maak sal ons of die engel verskyning moet kry of ons sal ons resources saam met iemand anders moet gooi om ‘n sterk squad saam te betaal wat die titel kan verower EN BEHOU. Twee R20 000 inkomstes per maand is beter as een R30 000 inkomste.

    Die Leeus en Vrystaat het NIKS wat spelers natuurlik na hulle trek nie. Grey College is Vrystaat se behoud, en gaan dit so bly? Ek twyfel. Sonder Grey College het daai unie lankal deur toegemaak.

    Tyd vir nuwe idees en ‘n nuwe aanslag.

    Ek gaan nou eerlik met julle wees. As hier nie uit hierdie situasie ‘n nuwe oplossing gaan kom wat ‘n span sal skep wat die SR kan wen nie dan is ek klaar met met die Leeus. Deelneem sonder om ooit die ding te kan wen nie is nie meer vir my goed genoeg nie. Dis nie die skool dié waar kinders van alle vermoëns deelneem aan sport nie. Hierdie is PROFESSIONELE SPORT. Mense word moer baie geld betaal OM TE WEN, nie om net deel te neem nie. AMATEURS neem net deel.

  • “Ek gaan nou eerlik met julle wees. As hier nie uit hierdie situasie ‘n nuwe oplossing gaan kom wat ‘n span sal skep wat die SR kan wen nie dan is ek klaar met met die Leeus. Deelneem sonder om ooit die ding te kan wen nie is nie meer vir my goed genoeg nie. Dis nie die skool dié waar kinders van alle vermoëns deelneem aan sport nie. Hierdie is PROFESSIONELE SPORT. Mense word moer baie geld betaal OM TE WEN, nie om net deel te neem nie. AMATEURS neem net deel.”

    Dan gan net die Saders, Bulle en Reds deelneem.

  • Rum And Maple

    Willa… HA-HA… die Stormpies moet jou nie nou hoor nie…

    Maar stem saam…

  • Kat

    Dis die ander ouens so probleem daai Willa. As hulle dit like dan is dit hulle saak.

  • JHBLeeu

    Dit lei my geen twyfel dat van almal van ons die beste vir die Leeus hê nie. Maar ek stem saam met Willa. Die spelers het die geleentheid gehad om kleim af te steek en het dit nie gedoen nie. Dit was bloot slapgatheid en niks anders nie. Ons het geen saak nie. Ek is eerder bekommerd dat die meeste van hulle nie weggaan nie. Hierdie ouens het ons unie vernietig. Hulle sal in elk geval nêrens regkom nie. Of hulle het nie die vermoë nie of hulle wil nie. Dis een van die twee, hoe dit ookal sy laat hulle gaan. ‘n Jakkals verander van kleur maar sy streke sal bly. Die paartjies wat iets probeer het is baie min. Die Cheetahs begin nou hulle voete vind, los hulle uit. Dit gaan daaroor om kompeterend te wees en dit is waar die Cheetahs nou is. Sover dit my aangaan sien ek eerder die unie doodloop as ‘n “merger”. Sal ek ‘n ander span ondersteun? Nee. Ek sal maar net nie meer rugby kyk nie. Dan is alles maar tot daarnatoe. Ek is basis klaar by die punt. Het klaar my seisoenkaartjies weggegee. Sou die unie aangaan, dan moet ons maar van vooraf bou sonder dié slapgatte.

  • speelman

    Manne, vir die wat n merge wil he: hou op droom, dit gaan nie gebeur nie. As dit sou gebeur, en ons kry n beter toedeling van die uitsaai/SANZAR geld, beteken dit maar iets in die omgewing van R5 miljoen, wat nie eers genoeg is om ons overdraft se rente vir die jaar te betaal nie. Die grootste gedeelte van die Franchises se geld kom van die borge af.

    Geen company wie se bestuur by hulle volle positiewe is gaan n identiteitlose franchise borg nie.

    Ons is in die akkies, in baie groter akkies as wat ons besef. Die Leeus is die enigste unie wat 2 hoof trui borge het, van R20m+ elk, en hulle kan nie eers met daai geld die balju van die voorstoep af hou nie.

    Die realiteit is dat as ons uitgeskop gaan word, en daar word nie bitter vinnig n werkbare oplossing vir die probleem gevind nie, die Leeus nie gaan daal tot op die vlak van die Valke en Griffons nie; hulle gaan ophou bestaan, soos in daar gaan nie meer n GLRU wees nie.

  • speelman

    Vanjaar se SANZAR/uitsaai geld, het so R6,6 Mil per franchise beloop, waarvan die Leeus R4 milj vir die Luiperds en Pumas moes gee.

Leave a Reply